Met MASCHIO GASPARDO nou ook in die G.North-stal, is daar nou ‘n volle reeks uitstekende vakuum-groenteplanters beskikbaar.

Die ORIETTA en OLIMPIA vakuum-groenteplanters kan verskeie rywydtes asook saad-spasieërings plant, presies volgens boere se behoeftes.

As jy vinnig wil onderskei tussen die twee modelle kan jy verduidelik dat die ORIETTA groenteplanter bestaan uit ‘n enkel verspreider met opsies vir enkel skoen, dubbel skoen of trippel skoen beskikbaar, om enkel ry, dubbel ry of trippel ry saad te plant agter elke eenheid. Die OLIMPIA groenteplanter bestaan uit ‘n dubbel verspreider maar kan slegs ‘n enkel ry saad plant uit elke eenheid.

Die nuwe ORIETTA – OLIMPIA reeks groenteplanters beskik oor opgedateerde saad eenhede met ‘n verbeterde verspreidings raamwerk waar 22 cm saadplate gebruik word. Met dieselfde werkspoed van die trekker, benodig die saadplate laer rotasie snelheid wat dan hoër presiesie saadverspreiding waarborg. Met die verbeterde ORIETTA – OLIMPIA planters is dit nou moontlik om verskillende plantdieptes met eenvoudigheid te bereik, te danke aan omkeerbare voor-openings snywiele.

Beide die modelle is beskikbaar in vaste-raam asook opvoubare raam in verskillende lengtes.

Die ORIETTA eenheid word onderskei deur sy groot verskeidenheid gebruike. Die planter eenhede kan in ‘n wye verskeidenheid ry spasieerings gekonfigureer word en daar is ook ‘n wye verskeidenheid toebehore beskikbaar wat maksimum aanpasbaarheid op die planter verseker. ‘n Wye reeks saadplate asook snywiele maak dit moontlik om die eenheid om te swaai van enkel, dubbel of trippel ry deur ‘n paar maklike stappe. Daar is ook twee verskillende konfigurasies op planter eenhede beskikbaar naamlik die smal eenheid asook die breër eenheid. Verskillende grond toestande vereis verskillende breedte eenhede. Onder andere is van die opsies op die planters rubber of vlekvrye staal vloei wiele; verskillende drukwiele is ook beskikbaar.

Die OLIMPIA model, wat beskikbaar is in dubbel verspreidings eenheid, is ontwerp om maksimum presisie te verseker waar dubbelrye geplant word. Weer eens is ‘n wye reeks opsies beskikbaar om die planter aan te pas by die nodige grond en gewas wat geplant word. Die afstand tussen die twee eenhede kan verstel word van 4 cm tot 9 cm om beter aan te pas by verskillende toestande. Die eenhede is nie omkeerbaar nie.

Op beide ORIETTA en OLIMPIA is die twee snywiele veranderbaar in saaddiepte in 8 tot 15 mm en 15 tot 25 mm (spesifiseer op bestelling). Die saad verspreidings eenhede is vervaardig van giet aliminium en minimum slytasie, hoë gehalte plastiek materiale wat maksimum presisie deurentyd verseker. Die vloei van saad vanaf die saadbak is verstelbaar deur die gebruik van ‘n anti-oorvloei plaat (klein of groter saad). Die saad word gemeng deur ‘n verwyderbare rotasiemenger wat konstante vloei waarborg.

Die depressie wat veroorsaak word deur die vakuum stelsel is verstelbaar deur die glybare hek. Alle saad word in ‘n voor versprei; een na die ander met maksimum presisie te danke aan ‘n meganiese saadverplasingstelsel. Twee lugdrukmeters maak dit maklik om druk te beheer.

Die transmissie, met 36-verhouding ratkas, is maklik bereikbaar asook verstelbaar. Die verskillende konfigurasies maak dit moontlik om saad te deponeer teen ‘n afstand wat verstelbaar is tussen 0,42 en 55 cm.

Die planters maak gebruik van die “MINIMAX” stelsel wat maklik verstelbaar is om boere se vereistes na te kom wat betref kunsmis toediening — vanaf 50 tot 700 kg/ha. Die “SPEEDY SET” is ‘n gesentraliseerde verstellingstelsel wat verstelling vinnig, presies en maklik maak. Die verspreidingstelsel deponeer kunsmis deur silikoon rubber rollers wat presiesie waarborg, asook beskerming van die kunsmis. Die verwyderbare sif verwyder enige vuilighede wat verspreiders kan beskadig. Die vloei deflekteerder voorkom die kompaktering van kunsmis.

Daar is ook verskillende planter monitors beskikbaar vir kontrolering van die plantproses.

Vir enige verdere navrae kontak gerus jou naaste G.North-handelaar of skakel Jacques du Plessis (0834587871) of Pieter Human (0824042419).

.