product_features_4_image_1548680715897_UNIPORT_3030_ELETROVORTEX_8

Jacto se Uniport 3030 EletroVortex is vanjaar reeds in Brasilië bekend gestel, en sal moontlik van volgende jaar af in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Jacto, bekend om sy volledige reeks driepunt-, sleep- en selfaangedrewe spuite, het in Februarie die splinternuwe Uniport 3030 EletroVortex op die Brasiliaanse mark bekend gestel. Dié spuit sal volgende jaar in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Jacto se opwindende nuwe tegnologie is ‘n kombinasie van elektrostatiese druppel lading en die bekende Jacto Vortex-kousbalk lugvloei stelsel. Die Uniport 3030 EletroVortex bied uitstekende nuwe tegnologiese ontwikkelinge en voer die spuittoepassing tot nuwe hoogtes. Verhoogde opbrengs, produktiwiteit en gehalte is van die vele voordele wat dié nuwe tegnologie bied.

Heelwat konvensionele spuitmetodes bereik dalk nie die plant se teikengebied doeltreffend genoeg nie. Wind, temperatuur, lugdruk en die gehalte van die spuittoepassing is van die algemene redes hiervoor.

Onafhanklike proewe het getoon die nuwe EletroVortex-tegnologie kan die spuittoepassing met 5% en opbrengs met tot 10% verhoog, veral by sojaboon- en katoengewasse.

Struikelblokke soos weerstandbiedende plante, nuwe plaagdoders, ’n deurlopende strewe na verhoogde produktiwiteit, verhoogde insetkoste en ’n klem op omgewingsbewaring lei daartoe dat spuittegnologie en die toepassing daarvan beter gehalte en doeltreffendheid tot gevolg moet hê.

ELETROVORTEX

Elektrostatiese tegnologie verhoog benatting oor die hele teikengebied, veral aan die onderkant van die blaar. Die EletroVortex-stelsel bestaan uit individuele elektrostatiese spuitpunte met ’n spasiëring van 350 mm. Elkeen van hierdie eenhede word positief belaai en sodra die druppel deur die eenheid beweeg, lei dit tot negatiewe lading in die onmiddellike omgewing van elke spuitpunt.

Die plant het ’n neutrale lading, wat veroorsaak dat die negatief gelaaide druppel deur die plant “aangetrek” word. Omdat die spuit se elektrostatiese stelsel volts opwek, sal hierdie funksie slegs in werking tree indien die spuit minstens 5 km/h beweeg en die wind ’n minimum spoed bereik het.

Die elektriese lading is boonop baie laag, wat die moontlikheid van skok uitskakel.

VORTEX-LUGVLOEI

By gewasse met ’n groter blaaroppervlakte of ’n hoër plantdigtheid verseker die Vortex-lugvloeistelsel beter indringing en bedekking in moeilik bereikbare gebiede. Dit is moontlik danksy twee waaiers wat bo die middelste seksie van die balk gemonteer is.

Hierdie waaiers genereer windvloei van tot 110 km/h. Dit is genoeg om die hele lengte van die 32 m-balk eenvormig te bedien.

Individuele lugkanale bo elke spuitstuk rig die lugvloei. Met vyf verskillende wind vloei verstellings kan die hoeveelheid lugvloei vir elke toepassing aangepas word. Die Vortex-lugvloeistelsel verseker dus ’n drastiese afname in druppeldwaling, asook ’n verlengde spuittyd in winderige toestande.

Danksy die EletroVortex-stelsel is doeltreffender benatting reg deur die hele plant moontlik. Dit is dus doeltreffender om siektes en plae te bekamp en koste te bespaar.

BEHEER

Kraglewering vind plaas deur middel van ’n Cummins QSC-dieselenjin van 8,3 liter-wat 225 kW lewer. Die EletroVortex-stelsel word elektronies beheer en gereguleer om te verseker die enjin werk teen laer revolusies. Dit verseker maksimum wringkrag en laer brandstofverbruik.

Die spuit is ook toegerus met dieselfde Unitrack-stelsel as wat in die huidige Uniport 3030 en 4530 teenwoordig is. Die Unitrack-stelsel bied die opsie van voor- en agterwielstuur en verminder die draaisirkel met 40%. Dit verhoog ook die hanteerbaar heiden bedryf s doeltreffendheid.

WAT IS NUUT?

Individuele spuitstukbeheer, ’n outomatiese selfstuurstelsel en die unieke toepassing herhalings funksie is standaard kenmerke van Jac tos e nuwe E let r o Vort ex spuit. Die spuit het ook humiditeit- en temperatuur sensors en aanpasbare toepassings vanaf presisiekaarte.

NAVRAE: 011 922 2300; web: www.northmecimp.co.za

.