Vermeer (1)

Die Amerikaanse vervaardiger van die ikoniese geel toerusting sal voortaan by alle Northmec takke en handelaars beskikbaar wees.

Vermeer bestaan reeds vanaf 1948 en is alombekend as ‘n verskaffer van innoverende nuwe produkte deur meer as 500 handelaars regoor die wêreld. Die Vermeer-produkreeks bedien twee sektore naamlik landbou asook industrieël. Northmec sal voortaan verantwoordelik wees vir alle landbou verkope asook na-verkoop dienste insluitend die verskaffing van onderdele asook kundige tegniese steun.

Vermeer landboutoerusting bestaan uit ‘n volledige reeks rondebalers, snymasjiene, baal prosesseerders asook vele meer.

Die Vermeer handelsmerk is ‘n uitstekende toevoeging tot Northmec se produkreeks en sal veral die reeds gevestigde hooitoerusting aanvul.

Besoek gerus Vermeer se webtuiste om meer uit te vind omtrent hierdie opwindende handelsmerk of kontak Northmec by 011 9222 300.

https://www.vermeersouthafrica.com/

 

 

.