Kies só regte voermenger 

Byna elke boerdery se voerbehoeftes verskil. Bepaal jou plaas se unieke behoeftes voordat jy ’n nuwe voermenger aanskaf.

Hoe kies ’n mens die regte voermenger vir jou plaas? Die menger wat vir jou buurman werk, gaan nie noodwendig vir jou werk nie.

Twee soorte mengaksies met twee opsies elk is beskikbaar. Let op na die volgende: 

■ Die soort diere wat gevoer word en hul spesifieke voerbhoeftes. 

■ Die aantal diere in ’n groep of kamp bepaal die volume wat gemeng word. Die menger se grootte is belangrik. 

■ Die soort voer wat gemeng word, soos heel hooibale of kuilvoer. 

■ Die aantal mengsels per dag.

■ Die toestande by die laaigebied.  Die afstand van die laaigebied na die uitlaaikrippe. 

■ Die beskikbare laaitoerusting moet geskik wees vir die soort voermenger, veral as grootmaathantering van die voermengsel nodig is. 

■ Weegtoestelle moet die bestanddele en die hoeveelheid voer akkuraat afweeg.

 

Vertikale, Vulkaniese Mengaksie

vertikale mengaksie1

Voordele: 

■ Dit het ’n goedkoper aankoopprys, lae kragverbruik en min onderhoudskoste.

■ Dit het ’n groot mengvermoë (tot 32 m³) en is spesifiek ontwerp vir die vinnige opbreek en kerf van ronde bale.

■ Dit lewer ’n baie sagte mengsel.

Nadele: 

■ Alle bestanddele moet van bo gelaai word en die hoogte van menger kan laai moeilik maak.

■ Die snyen mengaksie is doeltreffend wanneer die menger twee derdes vol is. Dit is dus nie geskik vir halwe mengsels nie.

■ Van die voer kan in die menger agterbly. Laat 20% van die bak leeg sodat die voer nie “oorkook” tydens die mengproses nie. 

■ Dit lewer nie ’n deurlopende en eweredige uitlaaiaksie nie 

 

Horisontale, Vulkaniese Mengaksie

horisontale

Voordele:

■ Dit is ’n lae masjien wat maklik gelaai kan word. Grootmaathantering kan van bo gelaai word en kleiner hoeveelhede van agter.

■ Dit het ’n lae kragbehoefte en betreklik lae onderhoudskoste.

■ Dit is geskik vir die opbreek en kerf van ronde bale en bied ’n doeltreffender snyaksie as ’n vertikale menger.

■ Uitlaaideure aan weerskante verseker ewerediger uitlaai as vertikale mengers.

Nadele:

■ Daar kan van die voer in die bak agterbly.

■ Laat 1520% van die bak leeg sodat die voer nie “oorkook” tydens die mengproses nie.

 

Beheerde Mengaksie: Awegare

Beheerde

Voordele:

■ Dit is ’n lae masjien wat van bo én van agter gelaai kan word.

■ Dit het ’n lae kragbehoefte.

■ Die lemme sny teen ’n kontralem en lewer ’n puik snit op ruvoer.

■ Die snyen mengaksie lewer ’n homogene mengsel van tot 98%.

■ Voer word reg saamgepak om te keer dat diere voer uitsoek.

■ Voer kan egalig, vinnig en doeltreffend ontlaai word.

■ Sowat 97% van die volume van die menger word benut.

Nadele:

■ Dit kan ronde bale hanteer, maar dit is ’n sekondêre funksie.

■ Gereelde onderhoud op lemme is uiters belangrik.

 

Beheerde Mengaksie: Spaan

Voordele:

■ Dit is ’n lae masjien wat gemaklik van bo gelaai kan word.

■ Dit het ’n lae kragbehoefte.

■ Voer word egalig uitgelaai.

■ Die volle vragvermoë van die menger word benut.

Nadele:

■ Dit sny ruvoer oneweredig en kan nie heel, ronde bale laai nie.

■ Dit het min lemme. Daarom is die snyaksie stadig en dit duur lank vir voer om van agter na voor deur te meng.

.