Met die samevoeging van alle implemente wat verkoop word deur Northmec en New Holland onder die G.North-vaandel, het die Capital Equipment Groep (CEG) van Invicta Holdings Beperk nou nog groter aansien aan dié reeds befaamde naam verleen.
“Die nuwe maatskappy is op gepaste wyse vernoem na die oorspronklike G.North & Son Limited, wat in 1869 as verspreiders van landbou-implemente gestig is,” sê Tony Sinclair, hoof uitvoerende beampte van Invicta se Capital Equipment Groep. “Ons gaan terug na die oorspronklike filosofie van die maatskappy deur alle implemente wat deur Invicta se landbou-afdelings verkoop word – Northmec en New Holland – saam te voeg om een groot spesialisafdeling te vorm.
“Hierdie samevoeging verbreed die groep se dienste aan ‘n uitgebreide kliëntebasis wat boere, handelaars en verspreiders insluit. Dié skuif gee die nuwe maatskappy ook die vryheid om enige nuwe handelaar of verspreider in die mark aan te stel – selfs buite die Northmec- en New Holland-verspreidingsnetwerk – wat heel waarskynlik markpenetrasie sal verbeter.”

Fokus op handelsmerke

lely_lotus_combi_8_2” ‘n Belangrike deel van die groep se groeistrategie is om te verseker dat daar ‘n spesifieke fokus is op produkhandelsmerke en om te verseker dat opleidingsinisiatiewe geteiken word om individuele produkreekse te bevorder en die hoogste standaarde in die landbousektor te handhaaf. ‘n Span hoogs bekwame spesialiste bied tegniese raad, ondersteuning en onderhoud om die gebruik van die toerusting te optimiseer en produktiwiteit te verhoog.”

G.North versprei topgehalte handelsmerke en toerusting wat gefokus is op die veeboer. Dit sluit in die welbekende Welgerbalers, wat vir jare reeds bekend is as die leier in die balermark. Twee nuwe toevoegings tot die reeks Welger-balers is die RP 245 en die RP 245 XCut 17. ’n Opteller van 2,25m verhoog die kapasiteit van die masjien deurdat dit nou nog groter windrye met gemak kan sluk. Die Hydroflex-bodem voorkom verstoppings en verminder staantyd. Verder spog die RP 245 XCut 17 met 17 lemme wat ideale
kuilvoer kan maak.

Lely-snyers is welbekend vir lae onderhoud, lae kragbehoeftes en goeie waarde vir geld. Die reeks word vergroot met die Splendimo 240 MCR, wat ’n driepuntsnyer-kneuser is. Die middelmontering van die snyer versprei die gewig en het tot gevolg dat die snybed die kontoer van die grond kan volg, wat skoner snitte tot gevolg het.
Lotus is die reeks hooiskudders wat voer kan oopstrooi om droging aan te help. Die reeks bestaan uit die Lotus 300, wat 3m wyd werk, en die Lotus 600, wat 6m wyd werk.
Lely_Welger_Fixed_245-profi_CSO2372Storti is ‘n voermenger wat vir alle beeste geskik is. Storti bied nou ook ’n model vir kleiner boere in die vorm van die Husky 5, wat ‘n drie-awegaarmasjien is. Met sy skoon, kort en eenvormige snitte maak dit die ideale mengsel, nie net vir beeste nie, maar ook vir skape en ander vee. Storti is ook die enigste handelsmerk wat dié tipes voermengers kan aanbied.
Sitrex is ’n reeks tolharke wat nou ook die QRake insluit. Die QRake is ‘n gekartelde hark met die voordeel dat elke harkwiel geveer is, wat veroorsaak dat die wiel op die grond bly en skoon hark. Die harke is beskikbaar in ‘n agt-, tien- en twaalfwiel (5,8m, 6,7m en 7,8m werkswydte).

Besoek die webwerf www.gnorth.co.za of u naaste G.North-handelaar vir meer inligting, of kontak Steph Strydom by 011 922 2300 of epos stefs@northmec.co.za.

 

.